“Bakboord 35 grade ... stuurboord 25 grade ...”, roep luitenant Derrick Page die instruksies aan ons.
In die stuurkajuit sit
kaptein le Roux, silwer vlerkies op sy linker bors, wat ons almal vandag veilig
ons bestemming moet uitbring. Ons is bemanningslede van 35 Eskader, SA Lugmag.
Ons is nie sissies nie, ons kan enigiets doen!
Elkeen hou ʼn klipbord
vas waar ons die voorwerpe wat deur die luitenant vir ons uitwys word netjies
nommer en klassifisseer. Die lokaliteit, hoek van Voortrekkerweg en
Selbournestraat, Goodwood! Die onderwerpe geklasifisseer in terme van haar
lengte, been vorm, rondings van voor en rondings van agter, blondheid of nie en
natuurlik die gesiggie!
Ons is op pad huis toe
in ons bus na ’n lang dag van oorlogvoering op die DF Malan lughawe, Kaapstad,
in ons reuse Shackleton bomwerpers. Ons is MANNE! Om hier te kom ʼn lang pad en
laat ek jou bietjie vertel:
Dit is ses maande vroëer, die trein stop in Pretoria
stasie, ou Brinkie klim bang-bang af. Die man in blou geklee kom beleefd nader, “Meneer,
is u dalk ʼn lugmag dienspligtige?”
“Ja, meneer,” antwoord Brinkie.
“Nou wat de fok staan jy nog hier? Ek is geen meneer
nie, ek is ʼn korporaal! Kry jou donnerse gat in rat en kom in daai Bedford, en
fokken gou ook!"
Brinkie sleep sy bagasie agter hom aan en klim saam
met nog dertig ander verwilderde 18 jariges in die Bedford. Drie maande van
fisiese en emosionele hel volg. Dril en hardloop, polish ʼn spit, maar stukkie
vir stukkie bou hulle selfvertoue. Brinkie is kort, klein en fiks en ideaal vir
die volgende stap, die Lugmagkollege!
“Goeie môre here, sal u asseblief u sitplekke in
neem?” Hulle glo hul ore nie!
Brinkie voltooi sy kursus en word uitgeplaas na 35 Eskader, DF Malan Lughawe, Kaapstad.
Brinkie voltooi sy kursus en word uitgeplaas na 35 Eskader, DF Malan Lughawe, Kaapstad.
"Brinkie speel jy skaak?” die eerste bevel en
hy word in die navigators se span opgeneem. As ons vlieg mag jy mos nie darts
gooi nie ...
Gou deel van die groep, dag en nag op diens, die
basis word 'n naweek nag deur 'n bende aangeval, net drie om te verdedig,
Brinkie skiet al twee magasyne leeg, die skerwe van die wattel boom spat in sy
gesig toe hulle koeëls dit tref ...
Hulle lê snags op die witstreep as die Boeing 707
opstyg en speel chicken wie eerste weghardloop. Hulle vlieg na verre lande,
“Brinkie, praat jy Portugees? Jy bleddie gou leer wat ons gaan nou twee weke in
Luanda bly en jy het nie ʼn idee oor hoe die girls daar lyk nie!”
Hulle behoort almal aan die Ysterplaat NG Kerk se
kerk jeug vereniging want Dinsdagaande is dit tyd om die girls op te chat.
Die koue oorlog word erger, hulle vlieg tot twintig ure
op ʼn keer, die vier Rolls Royce Griffons grom gerustellend op die vlerke, een
gaan dit seker nie maak nie, maar ons kan oor die weg kom twee, Brinkie sien
die fregat, die rooi hamer en sekel waai in die Suidoos, die lugafweer kanonne
volg hulle, hulle is bang, baie bang.
Die Kolonel Lombard is die baas en eintlik dierbaar,
weet niemand mag van die Koreaanse oorlog praat nie, hy was vir twee jaar daar
die krygsgevangene kamp ...
Alles kom tot ʼn einde en dis 40 days.
“Brinkie kom fokkenwil gou hier,” beveel die
kolonel, “en maak die donnerse deur agter jou toe ... ek hoor jy gaan weg?”
“Ja kolonel, my diensplig maak volgende maand
klaar.”
“Nou wat gaan doen jy dan?”
“Ek gaan universiteit toe, kolonel.”
“Is jy fokken van jou verstand af? Is jy fokken
mal?” skreeu hy, “Fok uit my kantoor uit!”
Die verskrikte Brinkie loop uit en verstaan nie wat
gebeur nie.
”Brinkie, kom kuier gou hier man,” vra die kolonel
die volgende môre, “Sit en teken net gou hier.”
Brinkie neem die pen en die papier, “Lugman Brink,
hiermee word u permanent aangestel en onmiddelik bevorder tot tweede luitenant,
geteken RC Hiemstra, Luitenant Generaal, hoof van die SA Lugmag.”
Hy dink lank ... maar sit die pen neer ... die kolonel
sit met ʼn sakdoek in sy hand.
“Ou Brinkie, ek het geweet jy kan nie, ek het maar
net gehoop jy dit dalk anders sou dink ..."
Hy is woordeloos, skaars neëntien, iemand glo in
hom, iemand weet hy kan alles doen as hy moet. Hy staan op, sonder 'n woord, maak
die deur oop.
"... en Brinkie ... dankie ..."
"... en Brinkie ... dankie ..."
No comments:
Post a Comment